«

Oct 12 2018

Print this Post

Pew Leaflet Sunday 14 October 2018

GOD SE WOORD VIR HIERDIE WEEK – JOB

Dit is aanloklik, wanneer ons gekonfronteer word met lyding, om dit te intellektualiseer. Ons kan ure lank debatteer waarom God lyding toelaat, en wat ons moet doen met diegene wat ly. Maar al ons teorieë skep eenvoudig afstand tussen diegene wat nie ly nie en die wat ly. Lyding is nie ‘n probleem wat opgelos moet word nie. Dit is ‘n realiteit wat elke mens in die gesig staar tot ‘n mindere of meerdere mate. Lyding is ‘n oproep tot medelye en verbinding. Wanneer ons diegene is wat ly, word ons genooi om God se teenwoordigheid en genade in ons pyn te ervaar deur diegene wat medelye en ondersteuning toon. Wanneer ander ly, word ons geroep om die verpersoonliking van God se medelye te wees soos ons dien en sorg vir ons sukkelende susters en broers. Hoe dan ook, die mees gepaste reaksie op lyding is liefdevolle aksie. Hierdie week sal ons die uitdaging van die evangelie ondersoek om lyding te omhels – ter wille van ons geloof, ter wille van ander, as ‘n normale deel van die menslike lewe, en as ‘n oproep om Christus se hande en voete te wees.

Vertaal van Sacredise Daily Worship

Pentecost B21 – 14 Oct – Matric Sunday.pdf

Permanent link to this article: https://www.stgeorge.org.za/2018/10/12/pew-leaflet-sunday-14-october-2018/