«

»

May 24 2019

Print this Post

Pew Leaflet Sunday 26 May 2019

Die Heilige Gees sal by julle bly

In die nag voordat Hy gevange geneem en gekruisig is, herinner Jesus ons hier in Johannes 14 aan die geskenke wat Hy vir ons gee. Hierdie geskenke vloei uit God se teenwoordigheid deur die Heilige Gees (Parakleet) in ons lewens. Ons reageer op God se teenwoordigheid deur geloof, gehoorsaamheid, rustigheid en die uitleef van Jesus se vrede. As gemeente moet ons nadink hoe ons kreatief kan reageer op God se teenwoordigheid en God se gawes: Watter verharding en liefdeloosheid is daar in (a) ons eie lewens en in (b) die wêreld wat ons met God se liefde kan wegkalwe? Hoe kan ons Jesus se teenwoordigheid, sy vrede en liefde, prakties demonstreer? Waar het ons nodig om Jesus se woorde en Sy nabyheid te onthou. Hoe anders sal ons woorde en dade wees as ons onthou dat God deur die Gees by ons inwoon, en ons bystaan om te onthou, en te leef uit die onthou!

Pew Leaflet – Easter C6 -26 May 2019.pdf

Permanent link to this article: http://www.stgeorge.org.za/2019/05/24/pew-leaflet-sunday-26-may-2019/