«

»

May 10 2019

Print this Post

Pew Leaflet Sunday 12 May 2019

God se woord vir Goeie Herder Sondag

In Jesus versamel die Vader ‘n kudde wat aan Hom behoort, en sy koningskap herken. Jesus leer sy skape om Hom te volg en te gehoorsaam. So bring Hy die volheid van lewe, die ewige lewe, vir hulle. Hy beskerm hulle, en hulle gehoorsaam Hom. God se aksie in die wêreld is om in Jesus geloofsgemeenskap in ‘n dissipelkring te skep. God leer mense deur Jesus om Hom te volg. Jesus is die manier hoe God koning in ons lewens word. Deur ons geloofsgemeenskap in Jesus en deur ons gehoorsaamheid verander God die wêreld. Ons wêreld is vol mense wat deur geweld hulle ideale wil vestig. Dit verlei ons, want ons meen ons kan ons toekoms en ons voorspoed op ons eie manier skep. Wil ons deel wees van so ‘n verhaal? Of wil ons deel wees van die verhaal van die goeie Herder, wat sy kudde leer en op die regte pad lei? Die Herder wat roep, insluit, leer, gehoorsaamheid bewerk en vir ons ‘n toekoms gee? Dan is ons roeping om ons te laat inbind in ‘n intieme verhouding met Jesus. Te let op sy woorde, en dit te doen. Soos Hy ons leer deur sy Woord en Gees.

Seisoen van Luister: Vierde Sondag van Paastyd

Pew Leaflet – Easter C4 -12 May 2019.pdf

Permanent link to this article: http://www.stgeorge.org.za/2019/05/10/pew-leaflet-sunday-12-may-2019/