God se liefde is dieselfde vir alle mense, gister, vandag en môre. Dit vra van my ’n keuse. Het ek ’n hart vol vreugde omdat God mense wat verlore was, teruggebring het? Of is ek soos ’n moderne Fariseër en skrifgeleerde – kwaad vir God? Kwaad omdat hierdie mense my rustige, sorgvuldig-aanmekaar-gesitte wêreld op sy kop kom keer het? Dis ’n eenvoudige vraag. Dit vra: Waar is my hart? By mense wat verlore is omdat ek onthou dat ek ook eenmaal verlore was, maar deur God teruggebring is (There go I but for the grace of God). En dat daar oor my vreugde in die hemel was, dat God ’n feesmaaltyd vir my voorberei het. (Woord en Fees)
Permanent link to this article: http://www.stgeorge.org.za/2016/09/09/pew-leaflet-sunday-11-september-2016/