«

»

Aug 19 2016

Print this Post

Pew Leaflet Sunday 21 Aug 2016

“Roeping” is vandag die goue draad wat deur al vier ons tekste geweef is. By almal is daar die versugting na dapperheid en volharding in die uitvoer van ons roeping. Jeremia ontvang as jong seun sy roeping. Hy voel dat hy te jonk is en nog nie goed kan praat nie. Die psalm bekyk roeping weer vanuit die perspektief van iemand wat nou al oud geword het en steeds hunker na God as ’n veilige toevlug. Hebreërs verbind die Ou-Testamentiese berg Sinai met die Nuwe-Testamentiese Sionsberg en fokus op Jesus, die Middelaar van die nuwe verbond. In die Lukasteks tree Jesus na vore as voorbeeld van dapper volharding in die uitleef van sy roeping onder moeilike omstandighede. (Woord en Fees)

Pew Leaflet – Aug 21.pdf

Permanent link to this article: http://www.stgeorge.org.za/2016/08/19/pew-leaflet-sunday-21-aug-2016/