«

»

Jun 24 2016

Print this Post

Pew Leaflet Sunday 26 June 2016

BESINNING VIR DIE SESDE SONDAG NA PINKSTER

Wie sal vrywillig op so ‘n reis saam met Jesus gaan? Ons ontmoet ‘n oorredende Jesus in ons teks. Hy praat met ons, nooi ons, en stuur ons in ‘n nuwe rigting. Jesus is die Seun van God, en Een wat met die krag van sy woorde en werke mens nadertrek. Hy skep sin en betekenis in mense se lewens. Wie sy pad kruis, en wie se ore en hart oopgaan vir Jesus se identiteit en boodskap, weet net: sonder hierdie Jesus sal daar nooit weer sin, vrede en vervulling in my lewe wees nie. Jesus soek egter nie bewonderaars wat ver, op die kantlyn, bly staan nie. Jesus soek mense wat saam met Hom reis, wat dit ook al verg. Jesus is op soek na toegewyde volgelinge.

June 26.pdf

Permanent link to this article: http://www.stgeorge.org.za/2016/06/24/pew-leaflet-sunday-26-june-2016/